My naam is Adele Henn en ek wil my sukses op Die Dieet Waarvan Almal Praat met almal deel. Ek het 89.3 kg geweeg en het tot op hede 26.9 kg afgeskud. Ek voel nou gesond en baie gelukkiger as voorheen.
Voordat ek met Die Dieet Waarvan Almal Praat begin het, was ek op medikasie waarvan 'n newe-effek was dat dit my gewig laat optel het. Ek moet bieg, ek het ook baie gemorskos, skyfies en lekkergoed verorber.

Op 'n dag het ek besluit genoeg is genoeg, ek moet gewig verloor! Nadat ek onsuksesvol verskeie diete probeer het, het my ma my van haar sukses op Die Dieet Waarvan Almal Praat vertel. Die res is geskiedenis!
Ek weeg nou net 62.4 kg, ek voel nie meer heeldag moeg nie, my lae bloeddruk het gestabiliseer, my 'cravings' is weg en ek kan nog steeds saam met vriende en familie gaan uiteet, sonder om 'n vrees vir die spyskaart te hê.
Bring die spyskaart asseblief!
Foto regs bo: Adele voor sy met Die Dieet Waarvan Almal Praat begin het - 89.3 kg.
Foto links onder: Adele na sy 26.9 kg afgeskud het!
|