My naam is Christo en my gewigsprobleme het 16 jaar gelede begin
toe ek in die weermag beseer is en as gevolg daarvan nie
meer soos voorheen kon oefen nie. Teen 1992 het ek 134 kg geweeg
en besluit om gewig te verloor. Ek het by Weigh-Less
aangesluit, maar alhoewel ek gewig verloor het, het ek gevind dat
die kos smaakloos en vervelig geword het en dit was nie lank voor
ek die gewig wat ek verloor het, weer begin optel het nie.
In 1998 was my gewig so buite beheer dat ek 180 kg geweeg het.
Ek het agtergekom dat, om so oorgewig te wees, nie net gesondheidsgevare
ingehou het nie, maar ook my selfbeeld en werksvermoë
ernstig beïnvloed het. Ek is afgedank by die werk en het alles
verloor: my inkomste, huis en motor. Ongelukkig het dit my nie
gekeer om selfs nog meer gewig aan te sit nie. Teen 2005 het ek
die skaal op 253 kg getrek. Ek kon skaars beweeg en was ’n groot
las en bekommernis vir my gesin. Uiteindelik het ek besluit genoeg
is genoeg. Ek moes iets daadwerklik doen om gewig te verloor
en dit hierdie keer nie weer op te tel nie.
Ek het by vriende gehoor van Die Dieet Waarvan Almal Praat en
teen die einde van 2006 het ek besluit om by Rothdene Apteek,
waar die program aangebied word, besoek af te lê.
Sedert ek met Die Dieet Waarvan
Almal Praat begin het, het
ek 125 kg verloor en ek het
meer energie as wat ek in jare
gehad het. Die motivering wat
ek deurgaans van Brenda, my
klinikus by Rothdene Apteek
kry, help my baie en na al hierdie
tyd is die etes nog steeds
smaaklik en kan ek ’n groot verskeidenheid
kosse eet.
|