The Diet Everyone talks about - Die Dieet waarvan almal praat.

011 954 1407
Dieet Vra wat pla Lmi berekening Vrae wat pla?
Die Dieet
Voordele
Resultate
Lmi berekening
Hoeveel kos dit?
Vrae wat pla?
Promosies
Prysuitdelings
 
Suksesstories
Adele se storie
Nella se storie
Wenner van 2008: Christo
Wenner van 2007
 
Die Dieet Produkte
Dieet Produkte
Nuwe Produkte
Pryslys en Voorgereg
 
Kontak ons

 
  1. Kan ek op die dieet gaan as ek skildklierprobleme het?
    Dit is veilig, maar jy sal net stadiger gewig verloor.

  2. Kan ek op die dieet gaan as ek 'n vegetarier is?
    Afhangende van watter tipe vegetarier jy is, kan jy wel resultate behaal.

  3. Kan ek op die dieet gaan as ek nier-probleme het of net een nier het?
    Die siekte toestand kom eerste, solank jy weet watter kosse om te vermy is dit heeltemal veilig.

  4. Kan ek op die dieet gaan as ek hoë bloeddruk het?
    Dit is heeltemal veilig, met ons dieet sal jou bloeddruk nog daal.

  5. Kan ek op die dieet gaan as ek Cholestrol probleme het?
    Daar is 'n paar aanpassings wat ons sal doen en jou cholestrol sal daal te danke aan die dieet.

  6. Kan ek op die dieet gaan as ek 'n diabeet is?
    Dit is heeltemal veilig solank jy jou siekte toestand ken.

  7. Is daar weeklikse inspuitings?
    Ja, maar dit is bloot 'n vetafbreker en vitamine aanvulling.

  8. Gaan ek gewig verloor?
    Nie net gaan jy gewig verloor nie maar dit ook af hou.

  9. Ek hou nie van oefen nie, hoe belangrik is dit dat ek moet oefen?
    'n Paar keer 'n dag se oefen-sessies van 15min elk is beter as 'n uur se oefening, dus kan jy jou oefening op maklike maniere inkry, soos om bloot jou voertuig vêr te parkeer as jy gaan inkopies doen.

  10. Is daar enige spesiale kosse wat ek gaan moet aankoop?
    Jy eet die kosse wat jy in jou huis het. Ons gaan jou leer om beter koskeuses te maak wanneer jy inkopies doen.

  11. Kan ek op die dieet gaan terwyl ek borsvoed?
    Hoewel dit veilig is verkies ons om etiese redes dat jy nie in die eerste paar maande op die dieet gaan nie. Wanneer enige iets sou verkeerd gaan wat nie eers aan die dieet toegeskryf sou kon word nie, sal die dieet dadelik beskuldig word.

  12. Is dit 'n hoë proteïne dieet?
    Ons dieet is 'n koolhidraat-beheerde dieet en wanneer dit reg gevolg word met hulpverlening van die kliniek verskil dit heelwat van 'n hoë-proteïne dieet.

  13. Wat is in die inspuiting?
    Die inspuiting is 'n veilige formule wat deur ons saamgestel is om vetafbreking te bevorder.

  14. Kan ek net die inspuiting alleen gebruik?
    Nee, dit is nie aan te bevole nie, die hele program is in balans uitgewerk sodat dit veilig en gesond sal wees. Al die komponente (medikasie ingesluit) van die program is nodig om gesonde gewigsverlies oor die lang termyn te bevorder.

  15. Wat is Add-a-Vit?
    Add-a-Vit is ons verslankings-multi-vitamine. Die formule is so aangepas dat dit nie eetlus bevorder nie, maar dit eerder demp. Dit werk ook uitstekend teen siekte soos verkoues in die winter.

  16. Wat is Zer-o-Crave?
    Zer-o-Crave is 'n gesonde eetlusdemper. Ons eetlusdemper bevat nie Pseudo-Effadrien nie en is nie verslawend nie.

  17. Wat is Lose-a-Fat?
    Lose-a-Fat is 'n homeopatiese pienk pilletjie wat verskeie funksies van die ligaam aanhelp sodat jy gewig kan verloor. Van die werkinge is o.a. vetafbraak en vogafdrywing.

  18. Kan julle my gewigsverlies waarborg?
    Geen dieetprogram kan jou gewigsverlies waarborg nie. Die persoon wat die program volg waarborg sy eie gewigsverlies deur sy eie aksies. Indien jy die program 100% nakom en nie kroek nie behoort jy tussen 10-15% van jou massa oor 10 weke te verloor.

  19. Ek weet nie meer wat om te eet nie?
    Ons het 'n pragtige dieetresepteboek "Eet Slim" gepubliseer met 'n groot verskeidenheid van geregte daarin. Jy kan die resepteboek koop by ons dieetkliniek.

Die groot Vraag: Hoeveel kos dit?
Kom gesels gerus asseblief met ons en vind uit hoedat jy hierdie wonderlike program kan bekostig!

*Geen fooie is terugbetaalbaar as jy die program staak nie.

Ons is tevrede dat die dieet veilig, gesond en sonder bekende newe-effekte is. As jy enigsins twyfel of aan die een of ander siektetoestand ly en bekommerd is dat daar reaksie mag wees, raadpleeg asseblief jou apteker voordat jy met die dieet begin.



meer inligting op produkte blad

 

 
 
 
 
All rights reserved © 2009 Die Bonsai Huisie