Oorgewig | Ideale gewig | Verloor gewig maklik | Gesondheid | Diabetes | Koolhidraatbeheerde dieet | 10 weke dieet | LMI berekening

The Diet Everyone talks about - Die Dieet waarvan almal praat.

011 954 1407
Hoekom die Dieet waarvan almal praat Lmi berekening Vrae wat pla?
Die Dieet
Voordele
Resultate
Lmi berekening
Hoeveel kos dit?
Vrae wat pla?
Promosies
Prysuitdelings
 
Suksesstories
Adele se storie
Nella se storie
Wenner van 2008: Christo
Wenner van 2007
 
Die Dieet Produkte
Dieet Produkte
Nuwe Produkte
Pryslys en Voorgereg
 
Kontak ons

Is ek oorgewig?
Elke mens het 'n eie bouvorm en daarvolgens 'n ideale gewig. Jy is oorgewig as jy 20% meer weeg as jou ideale gewig. Gestel jou ideale gewig is 50kg. As jy 60kg weeg, is jy oorgewig.
Sien Resultate
 
Wat as ek niks omtrent my oorgewig doen nie?

Jy kan steeds 'n selfbeeldprobleem hê, depressief en moeg wees of selfs ouer lyk as wat jy werklik is! Jou gesondheid kan ook daaronder ly. Jy kan diabetes of hoë bloeddruk ontwikkel. Selfs kanker of 'n hartvatsiekte. Knoll, 'n farmaseutiese-middelvervaardiger, beweer dat 'n oorgewig vrou wat 'n skrale 10kg verloor, haar risiko om aan diabetes te sterf, met 40% verminder, of aan kanker met 37% of aan 'n hartvatsiekte met 9%!

 
Wat nou? Moet ék gewig verloor?

Net die feit dat jy wonder, bekommerd is of dalk ongemaklik voel, is genoeg rede om jou apteker se hulp in te roep. Sodra mens 'n groter massa met jou saamdra as wat nodig is, plaas dit onnodige stremming op die organe in die liggaam. Die hart moet harder werk om bloed by die ekstra kilogramme te kry.

 
Hoekom juis hierdie dieet?

Professioneel. Dit word slegs in apteke deur goed opgeleide assistente en verpleegsusters aangebied.

Jy sal beslis gewig verloor en geen hongerpyne ervaar nie!

Jy gaan energiek en lewenslustig voel en nie depressie of humeurigheid ervaar wat dikwels kenmerkend van diëte is nie.

Ons gebruik langtermyn wetenskaplik-gegronde statistieke en beginsels wat die liggaam se metabolisme stimuleer sodat vet vir energie verbrand word en nie in die liggaam gestoor word nie.

Hierdie is 'n koolhidraatbeheerde dieet. Die hoeveelheid kos is nie baie belangrik nie.

Die dieet verlaag die risiko om op 'n vroeë ouderdom ‘n chroniese siekte soos diabetes, hipertensie, kanker of 'n hartsiekte te ontwikkel, drasties! Ook mense met lae bloedsuiker, migraine, maagsere, allergieë en vele ander siektetoestande word suksesvol op die dieet behandel. Hierdie is nie net 'n dieet om gewig te verloor nie, maar definitief ook gesondheidsredes.

Indien jy wel reeds aan een van hierdie siektetoestande ly, is die kans baie goed dat hierdie Dieet die toestand sal verbeter, of selfs laat verdwyn! Rug-, knie- en heupprobleme kan ook verbeter namate die gewig verminder, met gepaard gaande verhoging in energievlakke en beweeglikheid.

Heerlike, maklike, alledaagse kossoorte waarvan jy kan kies en eet sonder om ooit weer vet te word of honger te wees.

Medikasie en inspuitings, wat geen hormone of skadelike bestanddele bevat nie, is ingesluit.

 
Hoe werk dit / wat moet ek doen?

Die kursus strek oor 10 weke en vereis 'n weeklikse besoek aan ons apteek sodat jy geweeg kan word, jou inspuiting kan ontvang en jou urine getoets kan word om te bepaal of die dieet aangepas moet word. Jou bloeddruk, suiker- en cholesterolvlakke sal ook getoets word indien dit nodig is. Ons apteker sal op 'n weeklikse basis inligting voorsien oor hoe die Dieet presies werk en watter stappe jy moet volg om jou gewig stabiel te hou.

   
 
 
 
 
All rights reserved © 2009 Die Bonsai Huisie

Sien Dieet resultate | Dieet Produkte | Nuwe Dieet Produkte | Proteïndieet en die koolhidraatvrye dieet | Alledaagse kossoorte dieet | dieet inspuiting | Cholesterol dieet